Aanhangers van Country-musiek en musiekliefhebbers in die algemeen kan gerus kennis neem van West, die nuwe treffergroep bestaande uit Ernie Bates (van Overtone-faam), Mac Young en Hugo Hewitt.

Die driemanskap blaas nuwe lewe in Countrymusiek met hulle harmonieuse vertolking van Countrytreffers wat nie net gesoute aanhangers tevrede sal stel nie, maar ook van ‘n nuwe generasie aanhangers maak.
By Die Boer teater restaurant in Durbanville 15-17 Mei om 20h30. Kaartjies kos R220 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply