Brood

Brood is die titel van Jak de Priester se splinternuwe musiekproduksie, asook die vrystelling van sy eerste hardeband Afrikaanse-woordkuns-musiekboek.

Al die lirieke van sy 5 albums, plus stories oor waar, wanneer en hoekom hy elkeen geskryf het, persoonlike nota’s, koerantberigte wat liedere geïnspireer het, asook bladmusiek, kortverhale, 40 nuwe gedigte, animasie, fotografie en nog meer vorm deel van dié woordkunstenaar se woordkuns-musiekboek.

Gepaard met die vrystelling van die 230 bladsy boek gaan ook die teater-musiekproduksie met dieselfde titel.

Die show Brood is ‘n beeldskone produksie wat bestaan uit Jak de Priester se oorspronklike liedjies (oud en nuut, treffer en nie-treffer, kommersieël en alternatief), plus van sy nuutste poësie wat spesifiek verwerk is vir die verhoog en komiese verhale van gebeurtenisse wat as inspirasie gedien het vir die liedjies.

Saam op die verhoog is, Danny Smoke wat baskitaar, elektriese kitaar en akoestiese kitaar in die vertoning speel en Lucas Heinen op keyboard en trekklavier.

Driestemmige harmonië met fantastiese verwerkings van sy beste en nuutste materiaal en striking outfits!

Jak de Priester
Jak de Priester

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply