Die mense op die bus

Die mense op die bus is Laurika Rauch se nuwe bydrae tot die Afrikaanse musiekskatkis. Dit is goed om te sien dat Rauch terug is in die medium waarvoor sy bekendheid verwerf het, naamlik Afrikaans.

Dit is opmerklik dat haar musiekstyl eenvoudig beter by haar Afrikaanse aanbiedings pas. Daar is wel ‘n stukkie Engels op die album, maar dit komplimenteer die werk.

Hier en daar kort die album iets om dit meer uitstaande te maak, want dit kom effe herhalend voor.

6/10

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar