Christopher Tokalon

Christopher Tokalon is sekerlik Suid-Afrika se bekendste en voorste klankterapeut en ‘overtone’ sanger, maar ook bekend in plaaslike jazz en folk-kringe as saksofoon- en fluitspeler.

Voorts staan hy ook bekend as komponis, komediant, onderwyser en klankheler, speel professionele saksofoon en fluit sedert 1979 in ‘n verskeidenheid jazz ensembles, groepe, kabarette en korporatiewe funksies en het duisende mense reeds op helende klankreise geneem.

Tokalon is bekend vir sy vermoë om musiekinstrumente te mimiek, sowel as voëls, diere, mense (as komediant maar ook as deel van die terapie proses.) Die aanleg het hom die bynaam “The Marvellous Mouth” besorg. Inspirasie van vriende en ‘n persoonlike behoefte om innerlike harmonie te herstel, het hom genoop om klankterapie te studeer en prakties toe te pas regdeur Suid-Afrika.

Tokalon se CD Dance in De Light word wyd erken deur terapeute, gesondsheidsjoernale en individue wat onder sy bekwame hande deurgeloop het.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply