Een stad, ’n verskeidenheid kulture


Die 18de One City Many Cultures Fees vind plaas van 19 tot 21 Maart 2016 in die Tuine in Kaapstad.

Dit is ’n familiefees met Kaapstad se eie Jimmy Nevis wat op die speellys pronk.

Die fees begin saam met een van die weeklikse City Walks wat in die Tuine begin en deur die stad drentel waar verskeie kunstenaars hul vaardighede ten toon stel of uitvoer. Dit is gratis en vind plaas van 10h00 tot 14h00.

Sondag is die Smooth Music Concert in die Tuine met onder andere Errol en Alvin Dyers en die Jazz Quartet. Toegang is gratis.

Maandag sluit die fees af met nog ’n gratis konsert. Die musikante sluit in Jimmy Nevis, Vicky Sampson en Chad Saaiman.

Besoek www.capetownfestival.co.za vir meer besonderhede.

One City Many Cultures
One City Many Cultures

Lewer kommentaar

Leave a Reply