Elvis Blue is wel bekend as musikant en liedjieskrywer, wat jong en oud betower met sy outentieke skryfstyl en besonderse melodieë. Maar in “Elvis Blue Solo” kry gehore die geleentheid om Elvis vanuit ‘n ander oogpunt te beskou. Bitter min musikante, eintlik slegs ‘n handjievol, het die vermoë om met slegs ‘n kitaar en klavier steeds ‘n gehoor voortdurend te boei. Met sy unieke styl, outentieke waarnemings en hartsmusiek doen Elvis presies dít. Kom geniet iets spesiaal, iets heel anders, iets uniek en intiem, met jou en Elvis Blue, alleen.
ʼn Heerlike Wintergereg met ʼn glas pas-rooiwyn is hierby ingesluit.
Kaartjies: R300, by Computicket
Vrydag, 21 Julie
Ete 18:00 | Konsert 20:15