Emo Adams is volksbesit en het ‘n unieke mengsel van humor en musiek. Sy optredes is deurspek met vrolike songs en komiese staaltjies. Emo Adams boei die gehoor en skep ’n hoogs vermaaklike en professionele vertoning. Een van Suid-Afrika se meesterlike “showmen” bied ’n aand vol lag en wonderlike musiek en saam met die Sean D. Band stel hulle nooit teleur nie.
By Die Boer teater restaurant in Durbanville
Saterdag 11 Julie om 20:30 en Sondagmiddag 12 Julie om 14:00
Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911/ www.dieboer.com

