Saterdag 5 Mei om 11h00 is die opening van die Tsjeggiese kunstenaar Radka Bartošíková se eerste kunsuitstalling in Suid-Afrika by die Breytenbach-sentrum in Wellington.

Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Vernon Swart het haar werk beskryf as ‘vars en esteties bevredigend. Haar gebruik van kleur is sterk en ondersteun die komposisies baie goed’.

Die opening is die voorspel tot ’n konsert Gerald Clark & Trio om 14h00 in the piazza tussen die hoofgebou en Die Bôrdienghuis-teater. Pizza’s en wyn sal verkoop word.

Kaartjies vir die konsert kos R140 per persoon en kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.

gerald clark radka bartosikova

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar