Helene Bester sing Nana Mouskouri word op Sondag, 24 Mei 2020 om 17h00 as een van Lefra se Kelderkonserte regstreeks aanlyn uitgesaai. Kaartjies kos slegs R55 per huishouding om die volle produksie in jou eie sitkamer te geniet. Jy kan bespreek by iTickets. Daar is ook ‘n donasie-opsie as jy bespreek.

Dit was vir Helenè ‘n opwindende besluit om hulde te bring aan Nana Mouskouri. “Nana is vandag nog net so gewild omdat mense, van my ouderdom, ook na haar musiek geluister het.  Ons laat haar musiek voortleef. Sy het 300 miljoen plate verkoop en kan vyf tale praat en sing. Dit maak dat sy in soveel lande superbekend is,” sê Helenè. “Sy is ‘n liefling onder haar aanhangers, sy’s nederig en spring nie op-en-af om haar musiek aan jou bekend te maak nie. Sy het bekende “songs” nóg bekender gemaak en treffers gemaak van elke lied wat sy opgeneem het, bv. ‘Cucurrucucu’, ‘Only love’, ‘White Rose of Athens’ ens.”

Wen toegang tot Helene Bester se Kelderkonsert

Een leser kan toegang wen tot Helene Bester sing Nana Mouskouri se aanlynvertoning op Sondag, 24 Mei 2020 om 17h00.   Om deel te neem aan Roekeloos.co.za en Lefra se kompetisie, kan jy die volgende na 33000 SMS: LEFRA NANA ROEKELOOS, dan JOU NAAM EN VAN en dan JOU STAD OF DORP.  Dieselfde inligting kan ook per epos gestuur word aan wen@lefra.com met LEFRA & ROEKELOOS NANA KOMPETISIE as onderwerp.  Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die organiseerder is finaal.  SMS’e kos R1,50 elk.

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Leave a Reply