Idols-wenner voor vir dronkbestuur

Die voormalige Idols-wenner Karen Kortje het Woensdag in die hof verskyn op aanklagte dat sy onder die invloed van drank bestuur het.

Kortje is verlede jaar in Julie voor ‘n polisiestasie in Kuilsrivier in hegtenis geneem.

Die polisie het gesê hulle het haar voertuig afgetrek het omdat sy roekeloos bestuur het.

Kortje moet glo weer op 12 November in die hof verskyn.

Kortje het Idols in 2005 gewen. ‘n Jaar later is haar voormalige kêrel, Cheslin Williams, in hegtenis geneem vir die moord op die gastehuiseienaar Renata Kellerman.

Williams dien tans ’n lewenslange vonnis uit.

Kortje het in die verlede ook openlik gepraat oor haar stryd teen dwelms en alkohol en het gesukkel om in die musiekbedryf ‘n bestaan te maak ná haar Idols-sukses.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar