Met sy geliefde klaviertreffers, oud én nuut, en die bekendstelling van sy nuwe boek, KLAWER, neem Rocco de Villiers die gehoor op ’n reis deur die klein, kleiner en kleinste dorpies van Suid-Afrika. Hierdie konsert is meer as net musiek – dit is ’n eerbetoon aan die mense en plekke wat sy pad oor 27 jaar gevorm het. Elke noot vertel van stofpaaie, samesyn, eenvoud en skoonheid. KLAWER is Rocco se dankbare geskenk aan die hart van die land: sy dorpe, sy stories, sy mense. ’n Intieme feesviering van musiek, herinnering en inspirasie.

By Die Boer teater restaurant in Durbanville op Saterdag 6 Junie om 20:30 & Sondagmiddag 7 Junie 14:00

Kaartjies kos R280 en is beskikbaar by 021 979 1911 / www.dieboer.com

Rocco de Villiers
Rocco de Villiers

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Good day , Admin

    I hope you are well..
    Please assist me in finding out which suppliers stock the following book : 
    Customers are asking, and prefer purchasing it in store.
    Klawer by Rocco De Villers

    Thank in advance,

    Yolanda S

    Bargain Books Centurion

Lewer kommentaar

Leave a Reply