Of dit finansieel, professioneel, emosioneel, sosiaal of bloot ’n gekneusde selfbeeld is, op elke gebied is die aanslae meer gereeld en harder as ooit! Nataniël bekyk hierdie dilemma met insiggewende, skreeusnaakse en verrassende gevolgtrekkings en deel dan sy Tien Goue Reëls Vir Oorlewing. Met stories, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid, persoonlike oortuiging en alle erns takel Nataniël weereens ’n yslike onderwerp.
Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele!
90 minute
Geen kinders onder 14
30 Mei 2026, Drostdy Teater, Stellenbosch

