Zanne Stapelberg word beskryf deur kritici as ‘n “nasionale skat”. In Februarie hou sy konsert in haar tuisdorp, Durbanville, in haar teatertuiste, Die Boer. Saam met haar op die verhoog, is die formidabele Albie van Schalkwyk op klavier. Saam gaan hulle die Lekker van musicals, opera en musiek van Afrika met julle deel. Dis ‘n regte egte Zanne en Albie konsert – vreugdevol, vurig, passievol en Lekker. Want musiek is soos konfettie vir die siel en koffie as jy vaak is en die antwoord op die vraag en die vonkel in jou oog en die towerkrag wat als beter maak en die Lekker wat nooit einde kry nie.
Lekker Musicals & Opera & Musiek van Afrika by Die Boer teater in Durbanville op 21 (om 20:30) en 22 Feb (Middagvertoning- 14:00)
Kaartjies kos R 200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

