King Price Insurance se gewilde dagkonsert, Lekkerland Carnival, wat sedert 2017 in Dullstroom, Mpumalanga aangebied was, skuif vanjaar na die Nasionale Botaniese Tuin in Pretoria. Dis die perfekte dag uit vir vriende en familie wat hou van goeie musiek en baie pret. ‘n Groot verhoog met uitstekende klank onder die blou, beeldskone lug, tesame met ’n kleurvolle karnaval speelterrein waar kinders lekker kan speel, maak dit een van die lekkerste uitstappies wat jy hierdie jaar vir jou gesin kan beplan.

Prime Circle, Elandré, Matthew Mole, Georgetown, Irene-Louise van Wyk, Georgetown,
Ryno Velvet, Pedro Barbosa en Zaan Sonnekus gaan sorg vir die musiekvermaak, terwyl kinders lekker in die pretpark-area kan speel.

Irene-Louise van Wyk vertel ‘My Lekkerland is soos ‘n karnaval. Adrenalien en good vibes in die lug!’

Ross Learmonth van Prime Circle sê dit lyk vir hom soos ‘enige musiek fan se droom: Die klanktoerusting toring uit na bo asof dit uit die grond groei, daar is baie kroeë met geen rye en die musiek is so ongelooflik fantasties dat jou vriend nie eers sal durf om in jou oor te praat as jy die hele dag lank net musiek wil luister nie’.

Elandré vertel sy idee van Lekkerland Carnival is om ‘musiek te maak met kitaar in die hand voor ’n vuurwarm gehoor. Hy sien uit daarna om weer agter die verhoog met sy mede-musiekmakers op te vang en vir ‘ons mense te gee wat hulle ’n jaar lank al na verlang. Ek en die Buchu Bende kan nie meer wag nie, sien julle daar!’.

De Wet van Deventer, hoof van bemarking by King Price sê: ‘By King Price glo ons dat werk en pret hand-aan-hand gaan. Ons werk lekker en ons speel lekker. Ons is baie opgewonde oor vanjaar se Lekkerland Carnival en wil almal aanmoedig om die dag saam met ons te kom geniet. Bring jou vriende en familie, en onthou kinders onder 15 kry gratis toegang. Dit is juis ons wens dat vriende en familie vir die dag sorgvry saam kuier met van Suid-Afrika se beste kunstenaars, karnaval-ritte, kroeë en kosstalletjies. Daar is iets vir almal. So, maak gereed vir ‘n #lekkerrr karnaval. Met sommer baie King Price pret, natuurlik!”

Ryno Velvet som dit lekker op: ‘Wat beter as om by die Lekkerland Carnival te kan stof op skop en litte los te maak. Kom hê die tyd van jou lewe!’

Lekkerland Carnival inligting

Plek Pretoria Nasionale Botaniese Tuin
Hekke oop 08:30
Hekke toe 18:00
Kaartjies Computicket, op die Lekkerland Carnival webblad, of by Usave, Shoprite en Checkers Money Markets
Algemene toegang R280
Kinders onder 15 Gratis (onthou om jou kinders te registreer wanneer jy jou kaartjies koop)
Kinders Karnaval speelterrein met springkastele, glybane, ritte en speletjies
Verversings Gelisensieerde biertent met kosstalletjies vir almal se smake

Lekkerland Carnival 2023
Lekkerland Carnival 2023

Lewer kommentaar

Leave a Reply