Liefde By Die Dam is terug op Sondag 4 Augustus 2019 by die Emmarentia-dam.

Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende trefferlied met dieselfde naam, bied elke jaar net die beste in plaaslike musiek aan. Dit is die perfekte dag vir saamkuier met musiek deur fenomenale, uiteenlopende kunstenaars in ‘n skouspelagtige omgewing. Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties, wat ook een van die organiseerders van die konsert is, sê: “Hierdie jaar gaan ons selfs groter: die perseel is groter, die verhoog is groter, daar sal ook meer kosstalletjies wees. Dit gaan `n enorme partytjie wees! 

Die 2019-program bestaan ​​uit van Suid-Afrika se mees suksesvolle en buitengewone kunstenaars en bied beslis iets spesiaals vir elke familielid. Die Heuwels Fantasties en Francois van Coke, wat as twee van die gewildste Afrikaanse kunstenaars in die huidige SA Musiek-landskap beskou word, het verlede jaar die Liefde by die Dam-gehoor op hul voete gehad en beloof dieselfde opwinding by vanjaar se konsert. Die res van die super program sluit die lieflike, bekroonde sangeres Tarryn Lamb; die bekende alternatiewe rockgroep Spoegwolf, die legendariese Coenie de Villiers en die wêreldbekende, veelvoudige Grammy-wenners, The Soweto Gospel Choir in. Daarbenewens is die talente van die dinamiese rap kunstenaar Early B en die skerp humor van Radio Raps die kersies op die koek om te verseker dat Liefde by die Dam 2019, ‘n fantastiese konsertervaring gaan wees.

Early Bird Kaartjies: Uitverkoop

Early Bird: R 95 

Kinders 3-12: R75

Kinders onder 3: Gratis

VIP: R795 – Geniet Liefde By Die Dam 2019 in styl met prioriteit ingang. Ontspan in die VIP-area met ‘n bietjie skaduwee, sitplekke en privaat toilette. Alle kos en alle drankies is ingesluit by die VIP kaartjie.

Fase 1 Kaartjies:

Kaartjies: R195

Kinders 3-12: R75

Kinders onder 3: Gratis

VIP: R795 – Geniet Liefde By Die Dam 2019 in styl met prioriteit ingang. Ontspan in die VIP-area met ‘n bietjie skaduwee, sitplekke en privaat toilette. Alle kos en alle drankies is ingesluit by die VIP kaartjie.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar