Lize Beekman doen net een vollengte solo-vertoning in die Kaap in 2023 en sy doen dit by Die Boer Restaurant-Teater in Durbanville op 4 & 5 November. Sy deel nuwe musiek en lirieke uit haar pen en tussendeur kan aanhangers die ou bekende gunstelinge geniet. Saam met haar op die verhoog is tjellis Anjulie de Vos en die vertoning beloof ’n sielvolle, intieme aand met woorde wat saak maak en rustige musiek waartydens jy kan terugsit en dieper asemhaal. Kaartjies kos R240 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com