Die Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer en musikant Mark Haze is bekend vir sy vokale reikwydte, uitstekende kitaarvaardighede en lewendige optredes. Kenmerkend van Mark is sy kombinasie van hoë-energie Rock ‘n Roll, rustige Old-school Soul, gemeng met rou emosionele Blues … gewaarborg om gehore te laat saamsing op hul voete!
Hierdie is ‘n skouspelagtige vertoning, waar Mark sy volle orkes bring om hulde te bring aan die Meesters van Rock soos Queen, The Beatles, Bon Jovi, Deep Purple, Guns & Roses en vele meer.
Mark Haze het die gehoor opgewarm vir Rock ‘n Roll-legendes Bon Jovi op hul 2013 Wêreldtoer.
Hy is by Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville op Saterdag, 15 Februarie 2025 om 20h30
Kaartjies is R280 en beskikbaar by 021 979 1911 / aanlyn www,dieboer.com

