Moment

Dit is 4 jaar sedert sedert Raaisels, Skepe en 1000 drome, Anna se 4de oorspronklik album.

Intussen was daar ‘n Jazz album met bekende Swing nommers op en nou is sy terug by haar wortels – nuwe Afrikaanse songs wat sy skryf, oorskryf, uitsoek en bymekaar maak vir ‘n nuwe album. Dit is ‘n soektog na ervarings wat uitstaan, ‘n oomblik in tyd, ‘n moment wat mens dalk kan laat stil word en luister.

Elke song wat nog ooit geskryf is is soos ‘n foto van ‘n oomblik, ‘n venster op iemand se lewe of ‘n ‘snapshot’ van daardie altyd-ontwykende magiese ervaring. In hierdie vertoning kyk Anna van nuwe kronkelpaaie waarop sy gestap het en hier en daar klim ou geraamtes krakerig uit die gate van vergeet.

Kom luister na ‘n seleksie van splinternuwe songs oor die afgelope jaar geskryf deur Anna en ook saam met ander liedjieskrywers, met verskeie wat vir die eerste keer gesing sal word. Besluit saam met haar watter mag terugkom en watter moet liewers diep in ‘n donker laai bly!

Anna word begelei deur die fenominale Jazz pianis Ramon Alexander.

Anna Davel
Anna Davel

Die Boer Restaurant Teater
Saterdag 5 Feb om 20:30
Koste: R80.00
Bespreek: 021 979 1911 / 083 406 0111

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply