Jonathan Roxmouth, kom terug huis toe vir ‘n beperkte seisoen by Montecasino se Teatro met sy jongste vertoning, My Favourite Broadway. Beleef ag onvergeetlike vertonings oor twee opeenvolgende naweke: Vrydag 25 Julie tot Sondag 27 Julie en Vrydag 1 Augustus tot Sondag 3 Augustus 2025. Kaartjies te koop by Webtickets.co.za
Van die spookagtige passie van The Phantom of the Opera, tot die revolusionêre lofliedere van Les Misérables, die grootsheid van Evita, en die romanse van My Fair Lady – dit is Broadway soos jy dit nog nooit tevore gehoor het nie … geïnterpreteer deur die stem wat ‘n nasie betower het. Hy is terug waar hy hoort. My Favourite Broadway is ’n viering van Jonathan Roxmouth se persoonlike keuse van treffers uit sommige van die wêreld se mees geliefde Broadway-musiekblyspele.
Hy word begelei deur die nuutgestigte 32-stuk Egoli Simfonieorkes onder leiding van Maestro Adam Howard.

