Neil Sandilands & Schalk Joubert ken mekaar al dekades lank, maar dis eers redelik onlangs dat hul saam kreatief begin raak het. Schalk is inderdaad die man wie Neil aangespoor het om sy skrywes en toonsettings voor gehore te speel. In NamibSushiJunkies luister ons, soos Schalk dit die eerste keer gehoor het, toe Neil sy liedjies in ’n woonstel in Gardens gespeel het. Net die twee instrumente, baskitaar en akoestiese kitaar (of ukeleles), en die stem. Voor enige opnames. Intussen het Neil met ’n vol band leer speel, verskeie albums uitgereik en etlike landswye toere onderneem; maar gehore het hom nog nooit só, sonder al die klokkies en fluite gehoor nie. Ampers kaal as’t ware. Neil was onlangs in Berlyn en nuutskeppings het ook daar gebeur, wat hy dan nou vir die gehoor saambring. Die vriendskap tussen die twee SAMA benoemde tydgenote maak vir ’n uiters spesiale en intieme aand.

By Die Boer teater restaurant in Durbanville op 23 Januarie om 20h30

Kaartjies kos R250 en is beskikbaat by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Neil Sandilands en Schalk Joubert by Die Boer
Neil Sandilands en Schalk Joubert by Die Boer

Lewer kommentaar

Leave a Reply