Nic Stevens is een van Bryan Adams se grootste aanhangers. Stevens is ’n solokunstenaar en ook lid van die gewilde trio, die Broers. Behalwe dat hy soos ‘n ‘jonger weergawe’ van Bryan Adams lyk, maak Nic se stem en hoë oktawe hom gekwalifiseerd om Adams se musiek te sing.
Saam met Nic op die verhoog is sy broer Cobus Snyman (ook van die Broers) op hoofkitaar, Stanley Hill op bas, en Divan Lerm op tromme.
By Die Boer in Durbanville op 2 April om 20h30.
Kaartjies is R200 en beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
