Na Saterdagklavier, Somerklavier en Sondagklavier se sukses spring Rocco de Villiers in 2024 weg met ’n welkome huppel in die stap – Nuwejaarsklavier!
’n Akoestiese reis van musiek (oud en nuut), kwinkslae, nuwe kortbroeke, nuwe sokkies en vars energie vir die Nuwejaar. Sonder voornemens , maar met meer wysheid en hoop (hopelik).
Verwag die melodieë wat jy ken, met ’n 2024 – kinkel.
By Die Boer teater restaurant op Vrydag 22 Maart om 20h30. Kaartjies kos R230 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
