Onskuld

Sedert dié bekroonde trio se ontstaan in 2002, en die treffers “Nikotien kafeïen”, “Goud en marog” en “Kiepie en Kandas”, het elkeen van die lede ook as solokunstenaars bekendheid verwerf: Johrné onder meer as gewilde en bedrywige compère; Lienka as solo-sangeres en Jaco as akteur, veral bekend om sy spel in Villa Rosa. Nou is ddisselblom terug op CD. Die album se stempel: kommersieelgerig en gepoets.

Die trio se veelsydigheid word onder meer op die progressiewe snitte “Hartaanval agter die stuur”, “Jy lieg vir my”, “Jy sit my op ‘n high” en “Land daar onder” (Men at Work se “Land Downunder”). Tussen die radiotreffers is die snitte “Onskuld”, “Dis ‘n fyn lyn” en “Wat gaan aan in jou kop?”.

Oudergewoonte verleen Lienka se vokale en interpretasie van die ballade luisterswier: “Honderdduisend trane” (deur Johan Oberholzer), “Glas half vol “(deur Johan Oberholzer) en die snit “Something” (deur George Harrison). Eweneens beïndruk Jaco Spies se Engelse komposisie, “Moon on the rise”.

Met rock- en pop-klanke, vermeng met country-, folk- en reggae-ondertone, genoeg ritmetreffers, meesleurende sielsmusiek en die onmiddellikheid van klawers, snare, tromme, perkussie, strykerbekoring en mondfluitjiemelancholie bied die album ‘n luisterryke klankbalans. Johrné, Jaco en Lienka se komponeervaardigheid word gekomplementeer deur die treffervernuf van Don Kelly, Marc Bredon, Johan Oberholzer, Fanie Coetzee en Jaco Vermeulen.

In dié onskuld is deurdagtheid: ondersoeking, bepeinsing – én, bowenal, suiwer kreatiewe genieting!

SPEELLYS
1. Hartaanval Agter Die Stuur
2. Dis ‘n Fyn Lyn
3. Hart Se Snare
4. Wat Gaan Aan In Jou Kop
5. Honderdduisend Trane
6. Die Iemand In Die Niemand Wat Ek Is
7. Jy Lieg Vir My
8. Land Daar Onder
9. Glas Half Vol
10. Onskuld
11. Jy Sit My Op ‘n High
12. Something
13. Onderwêreld
14. Moon On The Rise
15. Nikotien En Kafeïen

onskuld

Lewer kommentaar

Leave a Reply