Op ‘n ander planeet is Jak de Priester se nuutste, oorspronklike produksie met 14 nuut geskrewe liedjies wat ook in 2019 op die album; In die kol bekend gestel word.

In hierdie vertoning kyk die  gehoor diep in Jak de Priester se binneste met liedjies soos “Kyk in my oë”, wat hy vir sy sesjarige dogtertjie ná ’n brandongeluk geskryf het. Maar daar sal, soos altyd, ook humor wees met nommers soos “Die pasop-liedjie” en “My lewe moet ge-charge word”.

Bespreek nou jou kaartjie vir 14 – 16 Feb om 20:30 by die Boer teater restaurant in Durbanville.

Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar