Piet Botha en Jake Gunn

Ou bekende liedjieskrywer en kitaarspeler Piet Botha tree weer in die Paarl op by die Ou Meulteater, op die 20ste November 2015. Hy sal bygestaan word deur Jake Gunn (Jacques Groenewald), wat ‘n fantastiese nuwe talent is.

Hulle het al dikwels deur die jare saam gespeel, veral sulke intieme akoestiese vertonings.

Albei van hulle skryf en speel meestal oorspronklike musiek, beide in Engels en Afrikaans. Daarbenewens is daar ‘n lekker variasie met musiek uit die verlede soos ou gunstelinge van bv. Neil Young, Rolling Stones, Johnny Cash, Warren Zevon, Willie Nelson en meer.

Vrydag, 20 November 2015
20h00
R120.00
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

Piet Botha
Piet Botha

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar