Na ’n lang afwesigheid sal die Radio Kalahari Orkes hul Durbanville ondersteuners vermaak met een van hul flambojante en uniek Suid-Afrikaanse vertonings.
Radio Kalahari Orkes se musiek kom van ’n diep gewortelde plek, wat Ghoema, Latyns en Afrikana-musiek aanneem en ook enigiets anders wat langs die grondpad te vinde is. Die woorde is egter modern. Op akoestiese toerusting wat amper so oud is as hul leuse, kom die musiek uit viool, kitare, fluite, mondfluitjies, bas en kazoos. Dis ’n rare gebeurtenis … moet dit nie mis nie!
By Die Boer teater-restaurant in Durbanville op 17, 18 Maart om 20h30 en Sondagmiddag 19 Maart om 14h00.
Kaartjies kos R230 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
