“Rooi Wit & Blou” is ‘n emosionele en inspirerende lied, geskryf deur Schwabie en Henru, wat opgedra is aan ‘n groot vriend van hulle, maar ook aan al die Suid-Afrikaanse burgers (SAFFAS) wat in die buiteland werk en leef.

Die lied handel oor die krag van positief wees, selfs te midde van moeilike omstandighede, en spreek die diep verlange na familie en vriende aan wat dikwels met die ervaring van emigrasie gepaard gaan.

Rooi Wit & Blou

Hierdie lied volg op die sukses van Schwabie en Henru se eerste gesamentlike vrystelling, “Goeie Ou”, wat in minder as drie maande byna 1 miljoen streams behaal het. Met “Rooi Wit & Blou” hoop die duo om weer die harte van luisteraars te verower en ‘n boodskap van hoop en verbintenis te bring.

Rooi Wit & Blou Schwabie & Henru
Rooi Wit & Blou -Schwabie en Henru

Lewer kommentaar

Leave a Reply