Rooi4 is die duo orreliste Andrea Kayser-Mitas en Isabelle van Rensburg se verhoognaam.
Die naam Rooi4 is geïnspireer deur die rooi orrelskoene wat hulle dra terwyl hulle optree. Hulle het ’n veelsydige repertoire met ’n fokus op klassieke kunstenaarskap.
Tydens vanjaar se Wakkerstroom Musiekfees sal die Rooi4 elegante dansmusiek aanbied wat vir die orrel verwerk is.
17 – 21 Maart 2023
Wakkerstroom

