Na 17 jaar wat hy professioneel saksofoon speel en die wêreld deurkruis het — van Afrika tot Amerika, Europa, Nieu-Seeland en Australië — is dit vir Hiram Koopman ’n groot voorreg om weer ’n solo-show aan te bied, na sy laaste solo-optrede in 2011. Met Sax in Afrikaans vier hy die klassieke Afrikaanse musiek waarop hy grootgeword het, wat op ’n unieke manier op saksofoon vertolk word.

Hiram se storie het begin as ’n sewejarige seun met groot drome, in ’n huis waar Afrikaanse musiek elke dag in die kombuis gespeel het terwyl sy ma gebak en kos gemaak het, en sy pa se jazzklanke die agtergrond gevorm het. Dáár het sy liefde vir musiek en sy unieke klank begin vorm kry.

Sedertdien het hy die verhoog gedeel met kunstenaars soos Elvis Blue, David Kramer, Laurika Rauch en vele ander gevestigde én nuwe Afrikaanse kunstenaars.

Met Sax in Afrikaans bring Hiram hulde aan Afrikaanse musiekklassiekers soos “Hillbrow” (Johannes Kerkorrel), “Voshaarnooi”, “Blouberg se Strand” en meer, wat op ’n unieke manier op saksofoon vertolk word, saam met ’n volle orkes.

Die aand is nie net musiek nie — Hiram deel ook stories van sy musikale ervarings. Sy musikale regisseur, Grandall Vlotman, ondersteun die vertolkings op klavier, wat die klassiekers ekstra ryk en lewendig maak.

By Die Boer teater restaurant in Durbanville op 28 (uitverkoop) en 29 (ekstra vertoning) April.

Kaartjies kos R 230 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Hiram Koopman
Hiram Koopman

Lewer kommentaar

Leave a Reply