Schubert in Afrikaans

Franz Schubert se uitgangspunt was immer en altyd melodie.

Schubert was waarskynlik die grootste melodis van alle tye, hy kon lirisisme vir elke denkbare emosie of effek na willekeur vervorm. In Schubert se hande het die kunslied vol dramatiese vurigheid, poëties en aandoenlik geword.

Die verdieping van die poëtiese inhoud van musiek en die soektog na nuwe wyses waarop uitdrukkingsvermoë van musiek uitgebrei kon word, het Schubert uit die staanspoor gemotiveer.

Die vertaling van Schubert se werke in Afrikaans, deur Giesela de Villiers, besit steeds die volstrekte krag, geskiktheid en verskeidenheid en doen geen afbreuk aan sy juiste aanspraak op die titel van kunslied towenaar nie.

Ensemble verwerkings vir klavier, kitaar en viool deur die voortreflike Janine Neethling, met sangers Jannie Moolman en Jolette Odendaal bring betowerende verrassings vir elke denkbare emosie.

Schubert in Afrikaans première by die Oude Libertas Amfiteater in Stellenbosch op 25 en 26 Februarie.

Pryse: R 120 / R130/ R140
Tyd: 20h15
Duur: 80 min

Franz Schubert
Franz Schubert

Die foto is ’n skildery van Schubert deur Wilhelm August Rieder (1796–1880).

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply