Sunel is ’n sanger en liedjieskrywer uit Mosselbaai in die Wes-Kaap. Haar debuut-enkelsnit, “Fickle Heart”, wat in 2017 uitgereik is, was vir nege weke nommer een op SFM se Top 30 en vir dertien weke bo-aan die Nederlandse radiostasie, HOSA Radio.  Sunel het ook ’n treffende James Bond tema musiekvideo vrygestel vir dié treffer wat vervaardig is deur die SAMA- en Ghoema-bekroonde vervaardiger Ryan Kruger. Kort na dit het sy haar eerste Afrikaanse enkelsnit  “Hart se Wens” vrygestel. Haar eerste album, getiteld Symptome, het sy kort daarna vrygestel, wat ook 10 van haar eie liedjies bevat.

Gedurende die Covid-19 pandemie, het Sunel besluit om haar musiek-styl te verander en meer te waag. Sy was bevoorreg om haar nuwe liedjie “Moenie” saam met Francois van Coke te kon skryf.  Moenie was gevolglik ook by Van Coke Studios in die Kaap opgeneem met Richard Onraet as vervaardiger.  Sunel beskryf die liedjie as “Vars Alternatief, tog ook so bietjie pop-punk.” Sy verduidelik: “Die storie agter die liedjie gaan daaroor om te protesteer teen mense wat die samelewing wil probeer beheer. Dis okay om nie in te pas nie, solank jy staan vir waarin jy glo.”

Moenie – Sunel

Francois van Coke sê dat dit hy dit geniet het om saam met Sunel aan die liedjie te skryf: “Sunel het al baie interessante en moeilike draaie in haar loopbaan gemaak en sy is op die stadium nie bang om ‘n kans te waag nie. Moenie is ‘n kreet vir haar toekoms. Sunel is reg vir aksie. Ek is baie opgewonde oor die tune en haar toekoms!”

Die musiekvideo vir “Moenie” is geskiet in ’n ou verlate kragstasie naby Mosselbaai. Die agtergrond van die video is baie apokalipties, met ’n lekker streetwise gevoel. Francois Zwiegers en Wynand Van Reenen het die video geskiet en die finale video is deur Damiane van Reenen saamgestel. Sunel sê: “Ek is baie gelukkig met die video. Dit som die liedjie perfek op. Ek sien myself as ’n positiewe rebel. Elke terugslag wat mens beleef om jou drome na te jaag, elke deur wat in jou gesig toegemaak word, sê eintlik net moenie opgee nie. “Ons stamp ons koppe tot ons seëvier!”  Aanhouer wen, en iewers sal ’n deur wel oopgaan.”

Sunel tree op 30 Oktober 2022 om 11h00 by Hart & Bosch Village naby Mosselbaai op. Toegang is gratis.

SUNEL
Sunel

Lewer kommentaar

Leave a Reply