Terra Naomi, ‘n sanger-liedjieskrywer van Los Angeles, toer gereeld in Europa en die Verenigde Koninkryk, maar op 24 Augustus is Suid-Afrikaners gelukkig om haar te kan sien, hoor en beleef by die Centurion Teater in Pretoria.
Die begaafde sanger-liedjieskrywer Lize Beekman, gaan as gaskunstenaar optree. Soos Terra Naomi, skilder Lize met woorde, en beide hierdie kunstenaars word al vir jare geken aan gehalte luistermusiek wat blywend is.
Maak seker jy en jou geliefdes bespreek vroegtydig vir hierdie besondere vertoning om plek te verseker. Besprekings kan gedoen word by Computicket.