Valiant Swart besoek weer Die Boer op Saterdag 29 Julie vir ‘n heerlike aand van liedjies en stories – sommige diep en ernstig, ander vrolik en ondeund.

Behalwe vir talle ou gunstelinge soos “Sonvanger”, “Jakarandastrate” en “Eyeshadow” wat aan die bod kom,  het Valiant onlangs ‘n nuwe album uitgereik – die eerste een in sewe jaar – met tien splinternuwe komposisies.

Die nuwe album heet Rondry, Fliek en die Buitelewe. Dit is opgemaak uit ‘n reeks karaktersketse, met vryheidstrewes aan die kern daarvan, en nogmaals aangebied met ‘n versnit van humor en melankolie.

Saam met Valiant op die verhoog is die kitaarmeester Illimar Neitz, met wie hy al vir meer as vyf jaar saamwerk. Neitz het ook die uitmuntende kitaarwerk op die nuwe album behartig.

By Die Boer restaurant teater in Durbanville op Satedag 29 Julie om 20:30

Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Valiant Swart
Valiant Swart

Lewer kommentaar

Leave a Reply