Anton Goosen skryf: “Hokaai hokaai” handel oor liefde, lig en hoop omdat dit simbolies die essensie van menswees is, Die romantiese agtergrond is die Karoo: die Seweweekspoort in die Klein Swartberg en Toorkop naby Ladismith. Bo in die berg brand ‘n liggie van liefde om die vryersklong op sy wit perd te lok …
Sleutelwoord Argiewe:Illimar Neitz
Liedjieboer op toer
Anton Goosen is sekerlik een van die bekendste name in Afrikaanse musiek en word beskou as die vader van moderne Afrikaanse musiek.
Tik Tok (die ballade van Klasie Frik van Staden)
Die Suid-Afrikaanse musiek-ikoon Anton Goosen, beter bekend as die Liedjieboer, reik sy enkelsnit, TIK TOK (DIE BALLADE VAN KLASIE FRIK VAN STADEN) vanaf sy jongste album Sirkels, uit.
Anton Goosen en Illimar Neitz
Die Liedjieboer is sedert 1976 toe hy Jantjie laat opneem het, al volksbesit. 19 van sy komposisies is in die nuwe F.A.K.-bundel opgeneem – meer as enigiemand anders
Anton Goosen se Luka
LUKA, wat “lig” of “draer van lig” beteken in verskeie Slawiese tale is ’n strelende akoestiese ballade in ’n 6/8-walsgenre, uit Goosen se eie pen, wat die vreugde en hoop beliggaam wat saam met ’n nuwe lewe kom.
Anton Goosen vertel ’n interessante liefdesverhaal
Die legendariese Suid-Afrikaanse sanger, regisseur en liedjieskrywer, Anton Goosen, het dekades terug reeds die kuns bemeester om luisteraars te bekoor met sy interessante lirieke en meesleurende deuntjies.
Anton Goosen bekoor bewonderaars met nuwe album
Hulle sê goeie dinge gebeur met diegene wat bereid is om te wag. Dit is beslis waar van die ikoniese sanger en liedjieskrywer, Anton Goosen, se langverwagte nuwe album wat pas uitgereik is en beloof om bewonderaars se verwagtinge behoorlik te oortref.
Liedjieboer, Anton Goosen, stel nuwe enkelsnit bekend
Die legendariese, immergewilde en baie geliefde Suid-Afrikaanse sanger, musiekregisseur en liedjieskrywer, Anton Goosen, is terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit wat diep tref.
Valiant Swart en Illimar Neitz met nuwe album
Valiant Swart besoek weer Die Boer op Saterdag 29 Julie vir ‘n heerlike aand van liedjies en stories – sommige diep en ernstig, ander vrolik en ondeund. Behalwe vir talle ou gunstelinge soos “Sonvanger”, “Jakarandastrate” en “Eyeshadow” wat aan die bod kom, het Valiant onlangs ‘n nuwe album uitgereik – die eerste een in sewe …
Liedjieboer 77 not out
Anton Goosen vier sy 77 jaar met sy Bushrockband-lede.
