Anton Goosen is sekerlik een van die bekendste name in Afrikaanse musiek en word beskou
as die vader van moderne Afrikaanse musiek as liedjieskrywer vir ander kunstenaars asook
vir homself/ 19 van sy treffers is in die nuutste F.A.K. bundel opgeneem en sy loopbaan
strek al byna vyf dekades.
Kom saam die Liedjieboer op ‘n reis deur al hierdie jare se treffers en hoor van die stories
rondom die liedjies. Illimar Neitz vergesel Anton met sy sielvolle ghitaarspel om verdere
kleur aan die onvergeetlike vertoning te gee.
Anton het deur die jare telkens saam opkomende kunstenaars gewerk en gehelp om hulle
talent na vore te bring. Hierdie keer kry Mari Bosman by Silverstar die geleentheid om die
gehoor te vermaak en die verhoog vir Anton te open.
Dié lewende legende, wat algemeen as die vader van Afrikaanse rock beskou, het al meer as
20 albums uitgereik, die musiek vir verskeie films geskryf – waaronder ’n Brief vir Simone
(1980), Die Laaste Tango (2013), en Siembamba (2017), asook liedjies vir beroemde
kunstenaars, insluitend Laurika Rauch, Richard Clayderman, Sonja Herholdt, Carike
Keuzenkamp, Koos Kombuis en vele meer, neergepen. Sy laaste album, 40 jaar: Liedjieboer
Innie Langpad, is in 2019 uitgereik.
Sy mees onlangse album is, SIRKELS. SIRKELS bevat nege nuwe liedjies, insluitend drie toonsettings
– “Bly by my, (my lief)” en “Êrens is jy” van Antjie Krog, asook “Apollo 11 (Ruimtestasie Houston)”
van DJ Opperman. Dit sluit ook twee duette, met onderskeidelik Lise Swart en Zolani Mahola
van Freshlyground, in.

