Hokaai Hokaai

Anton Goosen skryf: “Hokaai hokaai” handel oor liefde, lig en hoop omdat dit simbolies die essensie van menswees is, Die romantiese agtergrond is die Karoo: die Seweweekspoort in die Klein Swartberg en Toorkop naby Ladismith. Bo in die berg brand ‘n liggie van liefde om die vryersklong op sy wit perd te lok …

Spesiale musiekvideo vir inspirerende vroue

Kunstenaars wat vroeër vanjaar optredes in Suidoosterfees-produksies moes kanselleer as gevolg van die Covid-19-pandemie, het talente saamgesnoer in ’n spesiale musiekvideo wat Suid-Afrikaanse vroue vir hul inspirerende diens aan die gemeenskap eer.