Die Heuwels Fantasties is tans in studio besig om hul Volume II album op te neem. Dit volg op die hakke van die onlangse gewilde album Volume, `n musikale skatkis wat spog met ‘n eklektiese mengsel van akoestiese treffers, pop-punk, synth-ballades en so bietjie electro-folk.

Die Heuwels Fantasties, Coenie de Villiers en Deon Meyer
Die Heuwels Fantasties, Coenie de Villiers en Deon Meyer

Een oggend op pad na die studio vir die dag se opnames, het Lucas Maree se liedjie “Victoriabaai” op die radio gespeel. Pierre Greeff vertel: “Ons het die volume kliphard gedraai. Fred het dadelik gesê hy dink ons moet als skrap wat ons daardie week sou doen en ‘n Heuwels huldeblyk- weergawe van hierdie tydlose somer- liedjie opneem. Ons bel toe vir Coenie om te hoor wat hy dink en hy vertel dat hy self saam met sy ou vriend Lucas daai jare in die 80`s op die oorspronklike weergawe gespeel het. Dit was geskryf in die sterre. Coenie moes net deel wees en ons is bevoorreg om die eerste keer in 10 jaar weer `n liedjie saam met hom te kan doen.  Deon Meyer het in die studio (Sunset Recording Studios in Stellenbosch) kom kuier en toe sommer saamgesing op die agtergrondsang. (backing vocals.) Dit was ‘n dag vol ontspanning en vol hoop! Dankie dat julle luister, ons sien uit om vir julle Volume II in 2022 te bring.”

Victoriabaai

Fred den Hartog sê dat “Victoriabaai” die Desember-vakansiegees en die samesyn van familie en vriende gedurende hierdie tyd so lekker vasvang. “Dis die dat ek gedink het ons moet dit sonder skroom sommer dadelik opneem. Hoop julle geniet dit!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply