Stiltetyd

Gian Groen het seker geen bekendstelling nodig nie en na vier jaar se stilte is dit seker hoogtyd dat daar ‘n nuwe CD die lug sien, en is dit ook seker baie gepas dat dit Stiltetyd genoem word.

Almal wat Gian vanaf die goeie ou “Spinnekop” dae af volg, is in vir ‘n groot verrassing. Stiltetyd is totale nuwe klank. Die kenmerkende kitare is weg en die klavier gee nou die toon aan.

Stiltetyd is ‘n rustige album met 12 snitte, meesal ballades. Tien van die snitte is uit Gian se pen. Dan is daar ook ‘n Lucas Maree en ’n Valiant Swart bydrae vir ‘n bietjie afwisseling.

Vandag om 20:30 is Gian Groen en sy volle band te sien by Die Boer in Durbanville, waar Stiltetyd vir die eerste keer in die Kaap te koop sal wees. Kaartjies is R80 en beskikbaar by 021 979 1911 / 083 406 0111.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Gian Groen
Gian Groen

Lewer kommentaar

Leave a Reply