Terugblik op 2011

Januarie

7 – Jannie Momberg – Oud-politikus Jannie Momberg sterf in Kommetjie, Kaapstad.

15 – Susannah York – ‘n Bekende aktrise in die 1960’s, is op die ouderdom van 72 na ‘n lang stryd teen beenmurg-kanker oorlede.

22 – Sarah de Jager – Die bekende visvangvrou sterf in die ouderdom van 83 jaar aan breinvlieskanker.

29 – Fanus Rautenbach – Die bekende omroeper en skrywer sterf in die ouderdom van 82 jaar.

30 – John Barry – Die bekroonde komponis John Barry sterf in New York in die ouderdom van 77 jaar.

Februarie

11 – Jane Russell – Die Hollywood sekssimbool sterf kort voor haar 90ste verjaarsdag.

18 – Lucas Maree – Die bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer sterf na ’n lang stryd teen prostaatkanker.

25 – Martino – Die bekende kulkunstenaar sterf in die ouderdom van 64 jaar.

Maart

11 – ’n Aardbewing wat 8.9 gemeet het, het die noordooste van Japan getref. Kort daarna tref ’n tsoenami die land se kus. Meer as 27 000 sterf of word vermis.

12 – Die legendariese jazz musikant Joe Morello sterf in die ouderdom van 82 jaar.

23 – Elizabeth Taylor – Die aktrise sterf in die ouderdom van 79 weens hartversaking.

April

1 – Elmo de Witt – Die rolprentregisseur Elmo de Witt is in die ouderdom van 76 in Uvongo, KwaZulu-Natal aan longverwante probleme oorlede.

9 – Sidney Lumet – Die Amerikaanse filmregisseur met ’n string klassieke films agter sy naam, sterf in die ouderdom van 86 jaar.

Mei

7 – Seve Ballesteros – Die Spaanse gholf-legende sterf by sy huis in Spanje.

Junie

15 – Die akteur Zach du Plessis sterf in sy slaap.

18 – Die saxofoonspeler Clarence Clemons, bekend as lid van Bruce Springsteen se E Street Band, is dood weens ‘n beroerte.

23 – Peter Falk, die akteur wat beroemd geraak het vir sy TV-rol as die speurder in Columbo, is op die ouderdom van 83 oorlede by sy huis in Beverly Hills.

Julie

13 – Al Debbo – Die komediant en sanger Al Debbo sterf in Bloemfontein in ‘n hospitaal.

18 – Magnus Malan – Voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse weermag en oud-minister van verdediging sterf by sy huis.

20 – Lucian Freud – Die kunstenaar blaas sy laaste asem uit op 88.

Augustus

24 – Knysna-busramp – 14 kinders is oorlede en 42 beseer in ‘n busramp in Knysna.

September

13 – Richard Hamilton – Die vader van Pop Art sterf in die ouderdom van 89 jaar.

Oktober

5 – Steve Jobs – Die medestigter van Apple-rekenaars sterf ná ‘n stryd met kanker.

20 – Muammar Gaddafi – Die Libiese leier sterf tydens ‘n bewindsoorname.

Desember

18 – Kim Jong Il Die Noord-Koreaanse leier sterf op 69 aan ‘n hartaanval.

25 – JC Kannemeyer Die letterkundige is op Kersdag oorlede.

Lewer kommentaar

Leave a Reply