
Die koppe rondom die prentjiemooi Wakkerstroom weerklink die naweek van 18 tot 21 Maart 2016 met musiek van beide plaaslike sowel as internasionale kunstenaars. Die 18de skop af met die immergewilde Charl du Plessis Trio.
’n Nuutjie op vanjaar se fees is ’n kunsuitstalling sowel as ’n feeskunstenaar, Mimi van der Merwe. Daar is ook vir die eerste keer ballet, uitgevoer deur Youth Dance Company Tshwane.
