#Woordfees Dido & Aeneas

Dido en Aeneas is mitologiese figure uit Virgil se Aeneid.

Nahum Tate se libretto fokus op hul tragiese liefdesverhaal wat deur Aeneas se roeping en pligsgevoel kortgeknip word.

Henry Purcell se toonsetting hiervan beeld Dido as grootse karakter uit wat ’n drastiese besluit neem wanneer Aeneas haar verlaat.

Hierdie barok-tragedie word as eerste volwaardige Engelse opera beskou. Dit is ’n ware meesterstuk met beeldskone musiek en intense drama.

Die Cape Consort se lewendige vertolking van vroeë musiek en Marí Borstlap se kontemporêre inkleding van die drama waarborg ’n produksie wat oud en jonk diep sal ontroer en betower.

* Debuut *

Met: Lente Louw, Elsabé Richter, Nick de Jager en Willem Bester

Musikale Regisseur: Hans Huyssen
Verhoogregisseur en Ontwerp: Marí Borstlap

Musiek: Henry Purcell
Libretto: Nahum Tate
Deur: Cape Consort

Genre: Opera
Taal: Engels
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 5 minute
Kaartjies: R140 | R160 by die deur
Plek: kykNET Fismer, Stellenbosch
Datum: 11 Maart 18:00, 13 Maart 17:30

Woordfees 2016

Dido & Aeneas,
Roekeloos,
10 Maart 2016.

2

Lente Louw

Lewer kommentaar

Leave a Reply