Jak de Priester, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, tree op 29 April by die Woordpret van die WAT op. Dit is die eerste Woordpret wat sedert Oktober 2020 aangebied word.  De Priester was in 2002 die wenner van die ATKV se Crescendo-sangkompetisie.  Van sy bekendste treffers is “Sally Williams Nougat” en “Groen Mamba”. Hy het onder andere ook die temalied van die kykNET-sepie Binnelanders geskryf en gesing.

Aletté van Vuuren van Ken Forrester Wingerde sal van hul uitsoekwyne kom bekendstel en wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar. Jak de Priester kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 min. en sal dus voor 13:45 ten einde loop.

Kaartjies kos R30 en daar is sitplek vir slegs 30 persone.  Kontak die WAT by wat@sun.ac.za of skakel Tanja by 021 887 3113 voor 27 April of om u sitplek te bespreek.  Die Buro van die WAT is in Banghoekweg 115, Stellenbosch. 

Jak de Priester
Jak de Priester

Lewer kommentaar

Leave a Reply