Beet

Beta vulgaris

Beet is een van die gesondste keuses wat jy vir jou huistuin kan maak.

Beet verkies koel weer, maar kan omtrent heeljaar gesaai word. Dit sal net stadiger groei in die winter.

Die groente verkies diep, brokkelrige grond wat ryk is aan organiese stof. Verbeter jou grond met mis of kompos en voeg 60 g superfosfaat per m² by.

Die saad kan direk gesaai word. Strooi ‘n dun laag gesnyde gras oor die grond indien dit baie warm is. Dit verhoed dat die grond uitdroog en ‘n kors vorm. Verwyder dit sodra die saailinge sigbaar is.

Jy kan 8 – 9 weke na saaityd oes. Draai die lowe sowat 5 cm weg van die wortels af, anders bloei die plant en die kleur gaan verlore.

Lewer kommentaar

Leave a Reply