Brassica oleracea var. botrytis
Die kweek van blomkool is baie werk.
Die plante verkies koel toestande, spesifieke grondvoorbereiding en spesiale aandag by natmaak.
Baie vrugbare grond is nodig vir die kweek van blomkool. Reeds 2 weke voor jy begin plant moet daar groot hoeveelhede kompos en mis in die grond ingewerk word. ’n Week voor die plantjies geplant word moet die grond ’n toevoeging van 2:3:2 kry, 100 g per m².
Wanneer die plantjies almal hoër as 10 cm is, kan elke 3 plantjies ’n hand vol KAN kry. Die byvoeging moet elke 3 weke herhaal word. Die KAN moet vlak ingewerk word.
Sorg dat die plante altyd goed natgemaak word.
Oes die blomkool wanneer jy kan sien die tekstuur van die koppe is reg.
(foto Anthony DiPierro)

Hello.Ek soek raad.Ek het middelNovember my blomkoolplantjies uitgeplant,maar daar is nog geen blomkool nie.Die blare staan al hoog,maar nog geen teken van blomkool nie.Is ek te haastig?Nerina
As dit te warm is vir hulle, maak hulle sommer nie koppe nie. Waar bly jy? As dit in 'n warm deel van die land is moet jy eerder Februarie/Maart saai.
Hi ek wil my blomkool saaitjie plant! Ek bly in NoordKaap Prieska dis baie warm nou hier kan ek dit in koelte plante tussen bome van my daar kom klein bietjie son deur!
Dit hou van 'n koel omgewing, maar probeer dit.
Hi daar. Hoekom is daar fyn doringagtige haartjies op my blomkool
Hi daar ek woon op n plaas in weskaap philadelphia LOL ek wil blomkool plant hier by my huis grote grond voor my huis is so 2 meter by 5 meter.kan ek net grond seker maak het genoeg kompos en als in en net saaitjies plant en daarna elkedag net seker maak grond is genoeg nat en kyk wat groei op
Ek bly in Klerksdorp ek het Meimaand geplant my blare staan hoog maar nisk gebeur verder Nie.Moet ek uithaal of oor saai of moet Ek nog wag dankie