Brokkoli / Broccoli

Brassica oleracea, var. Italica

Dit is nie te moeilik om broccoli te kweek nie. Al wat jy nodig het, is ’n groot klomp mis en ’n koel, vogtige omgewing.

Jy moet soveel mis as moontlik in die bogrond inwerk, saam met ’n 2:3:2 toediening teen 75 g per m². Indien jy nie mis of kompos het nie moet jy 2:3:2 teen 120 g per m² toedien.

Wanneer die plantjies 2 maande oud is gee jy elke vier plante ’n hand vol KAN.

Op 4 – 5 maande is dit gereed om geoes te word. Jy oes dit wanneer die blomkoppe heeltemal uitgeswel is en die knoppe nog kompak is. Sny die stam 15 cm onder die kop af. Indien daar geel kroonblaartjies verskyn het jy te lank gewag.

Verwyder die plant sodra dit ophou dra. Plantluise hou van broccoli en maak gou vir hulle tuis.

Behandeling teen plantluise.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Hi.
    Ek sukkel vreeslik on saai en plant gidse te verstaan. Bv blom koom en brokkoli word aangewys dat jy dit in Dec & Jan kan plant in die Weskaap maar die twee groentes wil ook koel weer he. Die weskaap is baie warm in Des en Jan. Hoe lees mesn n saai kaart om dan te bepland wat jy wanneer gaan plant. Danie vir julle hulp.

Lewer kommentaar

Leave a Reply