Komkommers


Cucumis sativus

Komkommers kan sommer dig opmekaar geplant word in rye wat ver uitmekaar is, ten minste 1 meter. Die grond moet voorberei word met kompos en 90 g 2:3:2 per vierkante meter.

Die saad word direk gesaai. Daar kan vanaf Augustus tot Desember gesaai word in meeste klimaatstreke van Suid-Afrika. Indien dit baie koud raak by jy sal jy eers in September wil saai.

Sodra die eerste blomme verskyn moet jy vloeibare bemesting toedien, nadat die grond natgemaak is – direk op die wortels, onder die blare.

Knyp die groeipunte af indien hulle 60 cm lank is. Dit bevorder groei in die sylote, waar die vrugte gedra word.

Komkommers is reg vir eet so 8 tot 10 weke nadat dit gesaai is. Oes twee keer per week met ‘n snoeisker.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply