Patats

Ipomoea batatas
Patats neem baie plek op, maar dalk het jy een of twee plante in jou tuin.
Patas verkies sanderige grond wat goed dreineer. Moenie die grond te veel verryk nie, aangesien dit dan nie goeie wortels maak nie. ‘n Eenmalige toediening van kompos en 2:3:2 behoort genoeg te wees.
Jy kan sommer patas plant deur ‘n paar te koop waar jy jou groente kry. Plant hulle dig op mekaar en bedek met 5 cm sanderige grond. Wanneer daar ‘n paar plante is wat goed rank, kan jy die ranke afsny en dit in jou groentetuin plant. Dit moet omtrent 30 cm lank wees en die helfte daar van moet met klam grond bedek wees. Druk die grond goed vas. Die beste tyd om te plant is van Oktober tot Desember.
3 tot 5 maande nadat die ranke geplant is, kan jy die eerste patats met ‘n tuinvurk uitlig. Oes dit soos jy dit nodig kry. Patats wat in die grond uitdroog se geur is beter.

Lewer kommentaar

Leave a Reply