Allium porrum
’n Prei is ’n soort ui, net lekkerder.
Die groente groei in verskeie grondsoorte en in net soveel klimaatstoestande. Hulle is ook redelik goed bestand teen siektes en plae.
Die grond waarin jy preie plant moet diep omgespit word sodat hulle goed kan ontwikkel. Werk baie kompos, mis en 120 g 2:3:2 per m² by.
Die maklikste is om te begin met klein plantjies wat jy by die kwekery kry. Plant dit in die gaatjies van so 20 cm diep en onthou om nie die grond vas te druk nie. Soos die plantjies groei moet dit opgeërd word.
Die plantjies sal baat van ’n byvoeging van 45 g m² elke 2 weke.
Jy kan die plante enige tyd in die groeistadium gebruik, of jy kan wag tot dit uitgegroei is op 4 maande. Trek dit versigtig uit.