Brassica campestris
Rape is sekerlik die maklikste groente om te kweek. Hulle is ook baie bruikbaar, min mense weet dat die blare ook eetbaar is.
Rape groei maklik in meeste grondsoorte, maar hulle verkies vrugbare, voghoudende grond. ‘n Toediening van 60 g 2:3:2 per m² kan gegee word tydens die voorbereiding van die grond.
Raapsaad is baie klein. Saai dit in vlak voortjies en bedek met ‘n lagie fyn grond. Die saad ontkiem baie vinnig; 3 – 4 dae nadat dit gesaai is.
Die saad kan regdeur die jaar gesaai word.
8 – 10 weke nadat dit gesaai is kan die plante geoes word.

Kan eimand asb. vir my se waarvoor ek rape in kos kan gebruik buiten sop. Dankie
Soek vir rape in http://www.kookkuns.com