Soetrissies

Capsicum annuum

Soetrissies groei nie te moeilik nie. Die ideale grondsoort is lig met bygewerkte mis en kompos. Maak seker die grond behou die vog in die warm maande. ‘n Handvol 2:3:2 i die grond net voor jy saai sal sorg vir goeie groei.

Saai so van Augustus tot November. Indien jy egter in die warmer dele van Suid-Afrika woon kan jy die saaityd verleng tot in die volgende jaar.

Sorg dat jy die plante goed water gee wanneer hulle begin blom. Dit sal help met vrugvorming.

Wanneer jy om die plante wil werk moet jy dit laatmiddag doen wanneer die plante meer buigbaar is. Soetrissieplante is bros en breek maklik.

Vrugte kan ongeveer 3 maande na saaityd gepluk word. Sny die vrugte af, sodat jy nie die plant beskadig nie.

As grondsiektes ‘n probleem is in jou groentetuin, dan moet jy dit oorweeg om gousblomme tussen die groente te plant. Dit is veral effektief tussen tamaties, eiervrugte en soetrissies.

Lewer kommentaar

Leave a Reply